KOEKBALLETJIES

2015-05-30-koekballetjiestested

KOEKBALLETJIES
Mens kan enige koek resep gebruik – bak die koek en laat dit afkoel en dan krummel mens die koek tot baie fyn krummels. Maak jou gunsteling versiersuiker aan en meng lepel vir lepel by die krummels van die koek tot dit in balletjies gerol kan word – (gebruik eerder jou hande as ‘n lepel want jy wil nie te veel versiersuiker ingooi dat dit te pap is om balletjies te rol nie)
Rol die mengsel in balletjies en doop die balletjies in sjokolade.
Ek sit die balletjies dan op bakpapier totdat die sjokolade hard is en dan drizzle ek strepe op met ‘n ander kleur sjokolade – of versier soos wat jy goed dink.
Ek het die blommetjies vasgesit met bietjie gesmelte sjokolade aan die onder kant van die blommetjie en terwyl die sjokolade nog nat is op die koekballetjies gesit
Om die balletjies ewe groot te kry gebruik ek ‘n maatlepel om die krummel/versiersuiker mengsel af te meet voor ek dit rol in balletjies
Dis nogal tydsaam om te maak maar dit proe baie lekker smile emoticon
Ek het 3 geure gemaak – ‘n paar is skokolade koek met koffie skokolade versiersuiker en ander is sjokolade koek met sjokolade versiersuiker met peppermint crisp in gerasper en die wit balletjies is wortelkoek met creamcheese versiersuiker gemeng.
Bron: Sunette Shepperson