JOHANNA SE SELF OMDRAAI VETKOEKE

2015-05-18-johannaseselfomdraaivetkoeketestedomdraai vetkoek deeg brood

JOHANNA SE SELF OMDRAAI VETKOEKE
4 k meel
1/2 pakkie kitsgis
1 t bakpoeier
2 e margarien
5 ml sout
250-300 ml water
Knie baie goed en laat rys tot dubbeld die deeg grootte
Knie weer af en maak koeke so gholfbal grootte
Braai in diep olie
Toets olie met sosatie stokkie dit moet lekker bruis as jy stokkie se stompkant in olie druk
Braai tot goudbruin
As jy in die pan stadig laat ingly is dit hol binne
Geniet

ek sommer so ń broodjie gemaak met die self omdraai vetkoek resep deeg en wat ń wenner

Foto & Resep:  Johan Coetzee