IDEES VIR DAMES OGGEND

IDEES VIR DAMES OGGEND

Lida Pieterse – Hallo julle, help asb. Wat kan ons bedien by ‘n winterfunksie vir vroue. Dit vind plaas in die dag. Nie koek en tee nie en ook nie sop en brood nie. Iets ongewoon en anders. Sal dit baie waardeer as julle kan help met idees.

Abie Le Roux – Was by tuinbou funksie, het vir die dames n Thaise hoenderkerrie, lekker slaai en verskeidenheid vars broodrolletjies bedien. Roomys spanspek lietjies nagereg. ( Basmatie rys ook). Dit was heerlik. Elkeen net genoeg gekry

Waldette Smith – Pannekoek en vulsels?

Anne Greyling – Lekker pizzas en vleisrolletjies met vrugte slaaie

Rina Kleinhans – Pannekoek met verskillende vulsels is baie populer en hoenderkerrie is ook altyd ‘n wenner onder die dames… wat van ‘n lekker hoenderrol met groente en slaai. Dit kan lekker wees as daar ‘n patee of twee saam met die brood tafel bedien word…

Mickayla Swart – Ek sou gaan met melk tertjies en klein sout tertjies met kaas smeerkaas en sout beskuitjies sit genoeg voor en laat die dames hulself bedien. As hulle wil groot eet kan jy altyd paella ook maak.

Louise Groenewald – Quiche en slaai?… Bobotie in filodeeg cups met ‘n slaaitjie.

Suneth van Rensburg – Kaastafel, broodtafel en slaaitafel en dan ‘n nageregtafel.

Danell Du Plessis – Eg Italiaanse Lasagne met Italiaanse Open-salad en Panini brood.!

Yvette Cilliers – Kaas en wyn….heerlik vir koue dae…en dit werk vir die dag ook.
Rina Kleinhans – Ek wonder net is dit ‘n “sit aan” ete wat julle beplan, ons was nou die dag 250 vrouens en dan kan mens regtig nie almal hulle self laat help nie, dit is net te veel mense dink ek.. en met ‘n vroue dag wil die dames mos darem spesiaal voel en lekker bedien word of is ek verkeerd?

Lida Pieterse – Rina dit is omtrent 80 vrouens en hulle sit by tafels, maar gewoonlik help elkeen homself want ons is nie so baie dat ons hulle kan bedien nie.

Rina Kleinhans Dood reg Lida Pieterse ek het maar net gewonder… dan is verskillende tafels met brood, slaai, patees en beskuitjies altyd ‘n wenner.. mens kan so baie doen daarmee… maar ek voel nog dat iets warmer die ding gaan doen.

Marie Dumas Jennings – wat van ‘n gasvrou vir elke tafel, dek self elke tafel en julle sorg dat elke tafel sy eie bakke kos kry, warm gehou met tealight kersies. bedien dan rys met chicken ala king, cocktail rolls en slaai. Nagereg malva poeding gebak in muffin panne met heerlike warm vla

Rina Kleinhans – Dit klink vir my heerlik Marie Dumas Jennings en dink net hoe mooi gaan die tafels wees… ek is baie lief vir sit en eet.. rond staan en self help is nie vir my nie

Marie Dumas Jennings weet jy Lida Pieterse, dan is daar iemand wat na gaste omsien by die tafel. ek was by so ‘n funksie en die saal was kleurvol met verskillende smake en idees. bedien vir almal dieselfde anders is daar ‘n kompetisie. weet nie wat die geleentheid is of wanneer nie. kry ‘n plek wat vir elkeen ‘n sjokolade kan gee met ‘n plakker daarop van die geleentheid wat net dankie se dat hulle die dag gedeel het

Lida Pieterse – Marie dis ons VLU funksie waar ons ander takke nooi. Ons het dan ‘n lekker program die oggend en daarna die ete of wat ons ookal besluit. Ons maak ook self vir almal ‘n oulike geskenkie. Dit is 25 Junie. So kos moet warm wees.

Danell Du Plessis – 80 Mense is glad nie moeilik om vinnig te bedien nie.! n Maklike buffet-tipe opdiening is altyd gewild. Of indien 8 perone van 10 tafels elk is, is slegs 5 flink “waiters” nodig. Bediening kan vinnig geskied en almal kan byna terselfdertyd lekker saam eet. n self-help nagereg tafel is n opsie vir di wat lus voel vir iets soets na ete.
Marinda Engelbrecht – Warm poeding en port.

Nella Kootstra – Elke gasvrou het haar eie tafel gedek, pannekoek met die heerlikste vulsels is bedien. By ons Acvv is daar selfs mans wat elk hul eie tafel dek.

Christina De Jager – lekker lasagne en slaai, hoenderpastei en slaai, broccoli hoender en slaai, almal wil mos net slaai slaai slaai(mengelslaai)

Thea Visser – Butterchicken en naanbrode.

Marinette Ellis – Gevulde pannekoeke. Bedien die pannekoek met twee vulsels om van te kies. Kerriehoender en eiervrug en maalvleis bv. Dan bou elkeen sy eie pannekoek soos hy lus het
FOTO GELEEN BY – zijactief-zeilberg