HOENDERPASTEI MET SPEKVLEIS

HOENDERPASTEI MET SPEKVLEIS
170 g broskors of skilferdeeg
Vulsel:
500 g gaar hoender in blokkies gesny
4 repe spek in blokkies
120 g knopie sampioene
5 eetlepels koekmeel
5 eetlepels botter of margarien
300 ml melk sout en peper
Verhit die helfte van die botter in ‘n braai pan en sorteer die spekvleis en sampioene 2-3 min lank daarin. Haal af en sit opsy.
Verhit die res van die botter in die braai pan en roer die meelblom in tot glad en laat 2-3 min lank kook, roer aanhoudend.
Roer die melk en die geurmiddels na smaak in; verhit tot kookpunt; kook tot verdik.
Voeg die hoender, spekvleis en sampioene by; meng goed; laat effens afkoel.
Skep die vulsel in ‘n 20cm.
Rol die deeg uit tot ‘n sirkel wat oor die pasteibord gaan pas, en sit die kors oor die vulsel. (Nou kan jy rou vries as jy wil).
Verf met melk en bak 30-35 min lank in die oond by 200ÂșC. Bedien warm of laat afkoel en bevries gaar as jy wil.
Posted: Amanda Conradie