HOENDERPASTEI MET SKUD DEEG
HOENDERPASTEI MET SKUD DEEG
Skud deeg:
500 ml bruismeel
125 ml olie
125 ml warm water
knypie sout
Plaas al die bestanddele in ‘n houer wat ‘n deksel op het. Skud tot goed gemeng. Sit eenkant vir 5 min.
Vulsel:
Hoender fillete in stukkies gesny.
Braai saam ‘n klein stukkies ui tot mooi bruin.
Meng ‘n koppie gemengde groente en braai saam.
Los ‘n blokkie chicken stock in warm water en voeg by in die pan met hoender.
2 eetlepels hoendersoppoeier en meng, prut tot alles mooi saam bind.
Pienk sout en peper en ‘n BBQ spesery met ‘n lepel vrugte blatjang in.
Knie deeg so 30 sek en druk in ‘n gesmeerde bak, egalige lagie.
Skil 2 rou uie en sny in ringe en plaas op basis van die bak bo-op deeg.
Skep die hoendermengsel in die bak en rasper kaas op. Bak 25 min in oond by 180 ºC.
Lekker eet!
Foto en resep: Ertjies de Witt

