GRASKOP SE VLEISROL

GRASKOP SE VLEISROL
30g (1/2 koppie) sagte broodkrummels
125 ml vars tamatiesap
125 ml fyn gekapte pietersielie
2 eiers
1 knoffelhuisie (fyn gekap)
7 ml sout
2 ml gedroogte oreganum (marjoram)
1 ml pepper
1 kg maalvleis (met so min vet as moontlik)
250 g hamskywe
200 g gerasperde ‘Cheddar’ kaas
Verhit oond na 180 °C.
Plaas kleefplastiek (of ‘n nat kaas doek) op ‘n rollkoekpan.
Week die broodkrummels in tamatiesap in ‘n groot mengbak.
Voeg die pietersielie, eiers, knoffel, sout, oreganum en pepper by en meng goed.
Voeg nou die maalvleis by en meng goed met ‘n vurk.
Skep nou die vleismengsel op die rolkoekpan en maak gelyk.
Rangskik hamskywe bo-op die maalvleis.
Rangskik die kaas op die ham.
Rol die dus op soos ‘n rolkoek
Plaas die rol in ‘n oondskottel met die naat na onder en bak in die oond (180°C) vir ongeveer ‘n uur.
Bedien warm of koud in skywe gesny.