GRANADILLA CURD


GRANADILLA CURD
Foto: Wilna Dorfling
FOOD LOVERS RECIPES
250 ml suiker
125 ml botter gesmelt
3 jumbo eiers
¼ koppie vars suurlemoensap
¾ koppie granadilla sap/pulp (so 10 granadillas)
Voeg alles in glasbeker bymekaar en klits goed.
In mikrogolf by hoog vir 15 sekondes en klits goed.
Mikro vir 3 – 4 min en klits na elke 30 sekondes tot dik.
Dit word stywer as dit afkoel.
Tip : Giet pulp deur ‘n sif en forseer alles deur, krap onderkant af. Skep bietjie van die pitjies terug by die pulp vir die mooi.
Heerlik in flans met room, pavlova, pannekoek , cupcakes, koek en wortelkoek, was ‘n wenner by lemoenpoeding.
Ek maak myne in dubbelkoker op stoof, nie mikrogolf nie.