GEWILDE BOTTERKOEK
GEWILDE BOTTERKOEK
125 g botter
375 ml suiker
5 ml vanilla essence
3 eiers
625 ml koekmeel
20 ml bakpoeier
2,5 ml sout
200 ml melk
Verhit oond op 180ºC.
Smeer vierkantige of 2 ronde koekpanne, plaas gesmeerde papier onder in.
Klop botter met houtlepel en voeg suiker geleidelik by.
Klop tot lig en romerig en voeg geursel by (ek het ‘n elektriese klitser gebruik).
Voeg eiers een een by en meng goed na elke eier.
Sif meel, bakpoeier en sout saam.
Voeg gesifte droë bestanddele en melk bietjie bietjie by die botter mengsel.
Klop mengsel tot alles goed gemeng is.
Moenie roer nie, maar klop.
Skep beslag in voorbereide panne.
Bak vir 35 minute lank.
Keer koek dadelik op draadrak uit om af te koel.
Die versiersel wat ek gebruik het, was as volg:
4 eetlepels botter
¾ koppie versiersuiker
2 eetlepels suurlemoensap
2 teelepels gerasperde suurlemoenskil
¾ koppie versiersuiker, ekstra
Klop die botter en meng die eerste ¾ koppie versiersuiker geleidelik by.
Voeg die suurlemoensap en suurlemoenskil by.
En roer dan nog ‘n ¾ koppie versiersuiker by.
Resep geplaas en foto: Chantel Teresa Terblanche

Bennie Engelbrecht:
Die versiersuiker is wit margarien bietjie geklop en dan versiersuiker tot amper broodkrummels, 5 ml vanilla essence, en melk tot smeerbaar.
En soos ‘n goeie kok, het ek maar gedurig geproe.


