ERTJIE- EN HOENDERSOP
ERTJIE- EN HOENDERSOP
2 pakke droë ertjies
½ pak 4 in 1 sopmengsel
1 heel hoender
2 medium uie gekerf
2 medium tamaties gekerf
2 bakkies hoender ekstrak(ek gebruik Knorr se jelly stock)
Plaas hoender, uie tamatie in stoompot, los die ekstrak blokkies op in bietjie kookwater en voeg by hoender, vul op met +- 1 liter kookwater en stoom tot hoender sag is en van karkas afval. Haal hoender uit en laat afkoel, hou “sous” eenkant. Voeg ertjies en sopmengsel in stoompot en stoom tot amper sag, skep oor in prutpot en voeg die “sous” van die hoender by en laat prut vir so 2-3 ure, vlok die hoender en voeg by sop en prut verder tot ertjies sag is, ek meng dan ‘n blikkie ertjiesop of hoendersop by en vul dan op met ‘n blikkie(sopblik) kookwater as dit te dik is! Die hoender “stock” is gewoonlik sout genoeg maar ek voeg bietjie van Ina Paarman se “rosemary en olive en rosemary en lemon” speserye na smaak by die hoender as ek dit kook!
Resep geplaas deur: Hanlie Schneigansz

