ELSA SE MIKROGOLF SJOKOLADEKOEK
ELSA SE MIKROGOLF SJOKOLADEKOEK
1 koppie koekmeel
1 koppie strooisuiker
1 koppie warmwater
¼ koppie olie
4 teelepels bakpoeier
2 eiers
Knippie sout
3 eetlepels kakoa
5 ml vanilla
Meng kakao met water, voeg olie by en klits. Voeg eiers en vanilla by die kakaomengsel en klits goed. Sif meel, sout en bakpoeier saam en voeg by kakao mengsel, klits goed. Skep in ‘n mikrogolf pan.
Bak op high vir 9 min. in die mikrogolf
Ek maak die beslag ×3 en mikrogolf vir 11 min. lewer hoë koek – kan in 3 lae gesny word
Ek het maaskaas geklits met so 50 ml room en halwe koppie versiersuiker by gevoeg en 90 ml kakoa. Dit is heerlik romerig en nie te soet nie
Wanneer mens enkel lae apart gebak maw resep net soos hy is… ..is die mikrogolf tyd 9 minute per laag.
Resep: Elsa du Plessis
Foto: Nadine Nortier

