EAT-SUM-MOR BESKUITJIES

eat some moretested
EAT-SUM-MOR BESKUITJIES

1. Roer Saam:
500 g botter en 2 koppies suiker.

2.Klits saam:
2 ekstra groot eiers met 2 koppies lou water

3. Sif saam:
1,5 kg bruismeel
2 teelepels bakpoeier
1 teelepel sout
Meng 2 en 3 beurtelings by 1 in.
Rol Balletjies, pak in gespuite panne en bak +- ‘n uur by 180º C.
En dis dit.. so ‘n eenvoudige reseppie maar dis verby lekker.
Resep geplaas deur:  Eurika Buckle