BILTONGPOTJIE-KAMPKOS
BILTONGPOTJIE-Kampkos
(genoeg vir 8 – 10 mense)
3 uie (in blokkies gesny)
2 x 250 g sampioene (ek het dit gesny en nie heel gehou)
2 blikkies geroomde sampioene
300 g biltong
2 blikkies suikermielies
2 pakkies noedels (klaar gekook) – ek het net 1 pak gebruik
1 groen brandrissie
2 pakkies kaassous (ek het dit aangemaak soos op die pakkie voorgeskryf)
2 kop gerasperde Cheddar kaas
Botter
Gooi botter in pot en braai uie en sampioene.
Voeg groen brandrissie, mielies en biltong by.
Voeg gaar noedels by (ek het sommer die skroewe gebruik) en gooi sous oor.
Roer tot gemeng.
Gooi dan kaas oor en hou pot op stadige kole/hitte totdat kaas gesmeld is.
Hierdie is ‘n baie ryk, maar baie lekker gereg.
Foto en resep geplaas deur Willemien Windell

