BARBARA SE FAMILIE-SPONSKOEK


BARBARA SE FAMILIE-SPONSKOEK
350ml koekmeel
15ml bakpoeier
100ml olie
100ml water
200ml suiker
3 eiers geskei
5ml vanilla essens
Klop die eiergele, suiker, olie, water en vanilla essens saam vir 3 minute tot die suiker oplos en dit skuimerig raak, Vou die gesifte droe bestandele in. klits die eierwitte tot die sagte piek stadium( die punt moet omval as die klitsers opgelig word) vou die styfgeklopte eierwitte in die meelmengsel in. Gooi die deeg in 2 gesmeerde koekpanne en bak by 180•C vir 30-35 minute of tot gaar. Hierdie is ‘n ou familie resep wat ek al met goeie resultate verdubbel het.
BRON – Barbara Swart