WENNER WORTELKOEK
WENNER WORTELKOEK
Wortelkoek is altyd ‘n wenner – saam met tee of as nagereg. Gebruik vars vrugte as ‘n finale versiering
Lewer 1 groot koek
340g Bruinsuiker
100g Klapper
4 Eiers
1 ¼ Koppie Olie
3 Koppies Koekmeel
2 Teelepels Vanielje
2 Teelepels Neutmuskaat
4 Teelepels Kaneel
2 Teelepels Koeksoda
Sap & Skil van 2 Lemoene & 2 Suurlemoene
100g Okkerneute, gerooster & grof gekap
200g Korente of Sultanas
400g Wortels, gerasper
Roomkaasversiersel:
250g Sagte Botter
250g Roomkaas, kamertemperatuur
280g Versiersuiker, gesif
5ml Vanieljegeursel
Verhit die oond tot 140°C.
Plaas al die bestanddele vir die koek in ‘n groot mengbak en roer tot goed gemeng.
Skep die deeg in ‘n voorbereide koekpan en plaas in die oond. Bak vir 2 ure of totdat ‘n toetspen droog uitkom. Verwyder die koek uit die oond en laat vir 5 minute in die pan afkoel voordat dit verwyder word en op ‘n afkoelrak geplaas word om af te koel.
Terwyl die koek afkoel begin solank die versiersuiker:
Plaas die sagte Botter & Roomkaas in die mengbak van ‘n elektriese menger en meng tot glad en geen klonte sigbaar is nie.
Verlaag die spoed van die menger en voeg die Versiersuiker by die Bottermengsel. verroom tot glad.
Voeg die Vanieljegeursel by en meng vir ‘n paar sekondes.
Sodra die koek kamertemperatuur bereik kan jy begin om die koek te versier.
Laastens: gebruik vars vrugte as ‘n finale versiering.
Foto en resep geplaas deur Meyer Combrinck
Nota: Meyer Combrinck – Mensekinners, is hierdie ‘n wenner, of is dit ‘n wenner? Glo my: dit IS ‘n wenner!

