WENKE OOR DIE WEEK VAN BONE VIR BOONTJIESOP
Annetjie Benade
Hullo ek wil net n dom vraag vrae , is dit n moet om die bone oornag te laat le in water voor jy sop maak met dit asb ?
Susara Wait: Dis nie n moet nie. Dit kook net gouer sag.
Jimmy Smit: Ek het dieselfde vraag gehad, het Myne al vanmiddag ingele, so ek gan hom halfpad kook vanaand. Dankie
Lottie Klopper: Sit net jou bone die volgende dag vroeer op of gebruik n stoompot
Estelle Krüger: Van Pletzen Ek was nog nooit suksesvol daarmee. Myne gis. So ek kook myne vir so 4 ure
Martie Janse Van Rensburg: Ek het dit nog nooit laat oornag nie gooi in stoompot met koue water geen sout as jy warm water oorgooi kook dit nie sag nie stoom vir n uur dan is dit baie sag ek maak baie boontjiesop nadat dit sag is gooi ek vleis en die ander bestanddele by asook geurmiddels
June Schutte Ek: gooi so 3 keer deur die dag warm water oor, dop hulle af dan gaan dit sommer gou
Karlen Storm: Nie as jy dit n n stoompot sit nie !
Lorraine Marais Saffy: Drukkoker werk wonders!
Estelle Krüger Van Pletzen: Moet dit nie kook met sout nie sit die soutbso half uur voor die einde in
Annetjie Benade: Ok dankie julle , as ek dit in water laat le , wat virkies julle warm water of koue water en hoe lank kan ek dit hou in water en nog n ding die bone wat bo le gooi n mens mos weg , en die water wat jy dit in le ook ne ?
June Schutte: Warm water los tot heeltemal afgekoel herhaal so 2 of 3 keer, spoel mooi af met skoon water en kook. Ja die boontjies wat bo le gooi ek ook weg saam met die water vars water saan boontjies in pot en kook
Estelle Krüger Van Pletzen: Nee sit vars water in om mee te kook
Annatjie Scheepers Visser: As jy boontjie sop maak gooi dit saam jou vleis in en hul gaan saam die vleis reg wees, die gewekery voel so of mens die voedsaamheid verminder. Ek maak baie boontjie sop sonder n drukpot en beloof dat na jy jou groente en ander goedjies by gooi die bone sag sal wees, geniet!!
Ursula Mensing Peens: Nee, spoel die bone net goed voor jy dit kook.
Pattie Rossouw: Laat jou bone net vir so rukkie goed opkook, laat staan tot afgekoel, en gooi water af! Spoel goed af. Jy sal vind dat jy nie soveel GAS in jou sisteem opbou nie. Kook dan verder met al jou ander bestanddele
Amanda Struwig: Annetjie, nog ‘n oorsaak is dat die boontjies gis omdat die water nie gereeld genoeg afgegooi afgespoel en met koue water vervang word nie. Boontjies gee toxin/ gifstof af wat phytohemagglutinin genoem word. (Elize Grobbelaar)
Amanda Struwig: Amanda Conradie het die volgende antwoord:
“All legumes, including black beans, contain a compound called phytohenagglutinin, which can be toxic in high amounts. This is a major concern with red kidney beans, which contain such high levels of this c…Sien Meer
Minky Swiegers: Hallo Annetjie, ek maak gereeld sop van droè bone, erte ens en dis onnodig om eers te week. Ek gooi als in ‘n stoompot met slegs Kruie, gedroogde of vars rissie, seldery, preie en enigiets anders afhangende wat ek wil hè, baie vleis al is dit nog bevro…Sien Meer
Christina De Jager: ja wel as jy dit nie soak nie en afwater nie weet jy mos wat die gevolge is, baie baie windmakerig
Minky Swiegers: Ek kook al Baie jare my sop so in die drukkoker – het voorheen ‘n gewone pot gebruik, maar dit kook dan baie ure langer. As bone baie lank gekook word, is daar nie toksienes in nie – kyk na die Engelse stuk wat deur iemand anders geplaas is. Ons het oo…Sien Meer
Lorraine van der Westhuizen: More Annetjie daar bestaan nie iets soos ‘n dom vraag nie hoor mense wat nie vrae vra nie kan nie leer nie , ek baklei nie asb se maar net maar ja dit is net lekkerder as jy dit oornag .
Magda Paulsen: Ek kook my bone in n slowcoocker oornag, dan is die kooktyd baie korter…
Michelle van der Vyver: Boontjies veroorsaak gas en daaroor moet jy dit maar oornag staan of so n pr maal afspoel en weer laat week voordat jy dit kook
Ria Magdalena Susanna: Ek week gladnie my bone voordat ek sop maak nie, maar kook dit goed, en nadat dit n ruk gekook het, spoel ek dit deur die vergietes totdat die water helder deurkom, gooi terug in die kastrol met skoon water, kook verder. So spoel ek dit vier keer, en voeg dan my finale water, uie, kookvleis, en alles wat ek in die sop wil he by en kook my soppies, heerlik!!
Louise Groenewald: Ek glo weer dis ‘n moet. Dit maak vir my ‘n verskil.
Louise De Kock: Hi Annetjie, ek weet as mens lus is vir sop, is dit nie eers die volgende dag as dit klaar gesoak het nie. Ek koop Borlotti boontjies in die blik “ag nee, nie dit nie”, smaak net so lekker of tot beter
Marisa Vosloo: Ek het altyd geglo die lang wekery help om die bone minder gas te laat veroorsaak in die spysverteringskanaal. Die weekwater moet afgegooi word. En natuurlik vryf die doppe baie makliker af. Verder is dit so dat jy nie sout moet byvoeg voordat dit reeds saggekook het nie (nes met droee ertjies), anders kook hulle net nooit sag nie.
Minky Swiegers: ….En ek glimlag oor die gestry of bone gas maak of nie. Alle kos gis in jou maag….en die groente, preie en uie maak ook gas… Wat maak dit alles saak, solank dit Lekker smaak EN alle moontlike voedingswaarde behou… Sodra mens gaar kos in water afspoel, is Alle wateroplosbare vitamines WEG…. So, geniet in vrede jou eie kokery met of sonder voedingswaarde – dis elke kok se eie keuse. Mooi aand!!
Foto: robinrobertson
