VOLSTRUIS
Wat jy jag MOET jy eet…VADER se wet…
( Uitgesluit ONREIN diere)
Trek al die Volstruis se vere uit..
Sny nou die Stuitjie, en die Vlerke van n volstruis af VOOR DIT GESLAG WORD…
Sny een vlerk op die litte (Joints) korter, en gooi dit in n pot saam met die stuitjie met net water.
Kook dit vir so 15 minute, en haal uit die water uit.
Skraap nou die “NERF” Dun buitenste deel van die vel af, totdat die vaal kleurige vel heel verwyder is..
Saag nou die Vlerke in sulke 10-15 cm stukke en kook in water die Drukpot vir so Hlaf uur…SONDER enige Speserye..
Gooi dan al die water af, en gooi skoonwater op, Kook vir nog 30 minute in skoon water…en gooi weer die water af…
Nou word die speserye ingegooi…
1 eetlepel sout,
3-4 heel naeltjies
1/2 teelpel swart peper
2 eetlepels asyn of Suurlemoensap
1/2 teelpel Fyn Kaneel
1 teelepel fyn koljander..
Kook nou die Vlerk, en Stuitjie in die drukpot totdat dit lekker sag is.
Haal die vleis uit die sous uit en laat koel af tot die volgende dag…
Eet dit dan met n Knipmes so van die been af…
KOUE SKAAPNEK is BAIE lekker…..MAAAAAAR…
n koue Volstruisvlerkie, of Stuitjie…
Is ENIGE SKAAP se BAAS…
Bron: Stefaans Blaauw

