TUISGEMAAKTE LASAGNE VELLE
TUISGEMAAKTE LASAGNE VELLE
2 koppies koekmeel
3 Eiers
2 teelepels olie (olyf of sonneblom)
Sit die bestanddele in ‘n mengbak met die deeghoek aan.
Meng tot stywe deeg en knie tot dit ‘n bal vorm
Draai in kleefplastiek toe en bere in yskas tot gebruik.
Verdeel die deeg in 3 gelyke dele en rol velle pasta uit
Moet dit nie te dun rol nie.
Strooi meel oor voor jy dit oormekaar lê sodat dit nie aanmekaar kleef nie (vir bêre)
Lewer 6 porsies pastavelle.
Bron: Amanda Struwig,
Foto: Sanet Eloff


