TOETS PEKTIEN IN VRUGTE OF KOOK VAN JELLIE
TOETS PEKTIEN IN VRUGTE OF KOOK VAN JELLIE
Sita Theart
Ek het gou vir jou gekyk. Om sap te onttrek. Koejawels 500ml vrugte op 2 kop water. kook tot 25 min. Sodra die vrugte klaar gekook is. Gooi deur n digte doek.Die sap moet helder wees anders is jou jellie nie deurskynend nie.
Om pektien te toets vat 1 lepel van die sap en gooi in ‘n glasie met brandspitus,moenie mengsel roer nie, laat n rukkie staan. Gooi versigtig uit in n piering. As daar een duidelike jellieklont is, is baie pektien teenwoordig.
As jy tevrede is meng een koppie suiker en een koppie sap. Voeg suiker by koue sap en roer tot kookpunt. Gooi weer deur ‘n digte doek om te verseker dat geen onsuiwerhed an die suiker agterbly nie. Om te verseker dat die jellie mooi styf is gooi l eetlepel suurlemoensap, by vir elke 5oo ml vrugte sap. Kook vinnig nog n bietjie. Nie te veel nie.Gooi warm stroop in gesteriliseerde bottels.
Geplaas deur Sita Theart
Marietjie van der Merwe
Ek kook die pitte en skille vir 1 uur, syg deur doek. Neem dan 3 eetl brandspiritus en gooi 1 eetl van die aftreksel by in ‘n glas..
Rol glas liggies vir paar sekondes.
Gooi uit in piering.
As dit stewige klont jellie vorm, is pektien gehalte goed. Anders voeg pektien by.

