STAMPMIELIESLAAI

STAMPMIELIESLAAI
600 ml gaar stampmielies
1 groenrissie in repies gesny
1 blikkie mandarynskyfies, gedreineer
2 piesangs, skywe gesny
1 tamatie in blokkies gesny
70 ml pitlose rosyne
10 droë appelkose, gehalveer, in sjerrie geweek
Doop die piesangskyfies in suurlemoensap om verkleuring te voorkom. Meng al die bestanddele liggies saam. Gooi die slaaisous oor en meng liggies met 2 vurke.
SLAAISOUS
30 ml asyn
60 ml olie
5 ml mosterdpoeier sout en grofgemaalde swartpeper
Skud die slaaisous bestanddele goed saam in ‘n fles.
Lewer 4 porsies.