STAATMAKER AARTAPPELKOEKIES


STAATMAKER AARTAPPELKOEKIES
Was 2 middelmatige aartapels skoon af. Rasper met skil en al op growwe kant van rasper.
Klits 1 eier liggies en voeg by die aartappels.
Geur met 1 teelepel sout en ‘n kwart teelepel peper.
Meng 1 klein ui, gerasper by die aartappels in.
Roer ‘n ½ koppie koekmeel en 2 teelepel bakpoeier hierby in.
Skep lepels vol in warm olie en bak albei kante tot ligbruin. ( nie te vinnig laat bak nie anders is dit nog rou binne).
Resep en foto: Hannetjie Snyman