Spinasie en Tamatie Pastagereg
Gekookte pasta
1 ui
1 pak bacon
2 groot hande vol baby spinich
Klein tamaties
Knoffel
Sout
Peper
3 Eetlepels meel
1 eetlepel vars basil opgesny
1 eetlepel vars origanum opgesny
So hand vol french chives
Houer room
2 koppies melk
Halwe koppie parmezaan
Halwe koppie mosarella
Metode:
Braai uie, knoffel, kruie en bacon tot sag in bietjie olyf olie en eetlepel botter.
Gooi dan tamaties en spinasie by.
Gooi room en driekwart van melk by. Maak die meel met res van melk aan.
Gooi in pot bietjie vir bietjie en roer dadelik dat dit nie klonte maak nie. Gooi sout en swartpeper by.
Heel laaste gooi die parmezaan en Mozarella oor.
Ek meng sommer my pasta saam sous in pot
Resep en Foto: Marian van Deventer

