SONJA SE SOUSERIGE POEDING
SONJA SE SOUSERIGE POEDING
1 koppie bruismeel
1 teelepel koeksoda
3 eetlepels appelkooskonfyt
20 ml botter
½ koppie melk
knippe sout
Meng alles goed saam.
Voorverhit jou oond teen 180°C (waaieroond 170°C).
Smelt 1 koppie suiker in 1 koppie water, voeg dan 1 houertjie room by.
Gooi dit in ‘n lekker diep bak.
Gooi deeg mengsel in hierdie suiker mengsel in die glas bak.
Bak in oond vir so 25 min.
Wanneer dit klaar gebak het, haal uit en laat staan sodat suiker mengsel deur die warm gebakte mengsel trek.
Dit maak lekker baie sous maar indien verkies kan dit met vla opgedien word.
Resep en Foto: Sonja Young
2De foto: Rina Kleinhans – ek het versuikerde gemmer en kaneel ingegooi in die beslag en ek het hom dubbel aangemaak.. baie baie lekker.. Bedien 6 – 8


