SMELTKOEKIES MET ‘N VERSKIL

15181115_1274641152604188_432660149591226301_ntested
SMELTKOEKIES MET ‘N VERSKIL

3 koppies strooisuiker
500 g magarien
5 ekstra groot eiers
1 kg bruismeel
3 koppies rice crispies
30 glans kersies, opsioneel

Stel oond op 180°C. Smeer 2 bakplate.
Verroom strooisuiker en magarien. Voeg eiers een vir een by en klop goed. Voeg bruismeel by en meng tot sagte deeg. Plaas in yskas vir rukkie indien die deeg te sag is.
1. Rice crispies kan by die deeg gevoeg word of
2. Rol deeg in bolletjies en dan in rice crispies , plaas in bakplaat en druk plat met vurk.
Bak 15 minute lank. Dis ‘n witkoekie. Heerlik.

Resep geplaas deur Nella Kootstra

Baie lekker koekie, sal net volgende keer net kersies in sit en nie die rice crispies in deeg sit nie, die crispie raak hard; ek het koekie in crispies gerol en smaak heerlik.

Foto en kommentaar: Alta Gunter Van Dyk