“PEPPERMINT CRISP” BALLE
Hier is die foto’s van die “peppermint crisp balle”.
Vat twee pakke Romany creams die mint choc soort. Maal dit fyn dat amper soos koffie lyk as jy klaar is. Meng een blik caramel treat in die koekies in.
Vat n teelepel en skep n klein skeppie vol in jou hand maak n balletjie en rol in vermicelli.
Hierdie mengsel maak so min of meer 70 balletjies. Benodig omtrent 300g vermicelli.
Proe soos miniature pepper mint crisp tertjies. njammies.
Foto en resep: Mariska Norval
2de foto: Marie Rheeder Troskie


