MAKLIKE HOENDERSOP
MAKLIKE HOENDERSOP
4 hoenderborsies
hoenderaftreksel
1 – 2 koppies noedels/spaghetti
1 pakkie “chicken a la king” souspoeier
melk
sout en peper na smaak
groente van jou keuse, opsioneel
Kook so 4 borsies tot baie sag in hoenderaftreksel, sny dit stukkies.
Sit die vleis terug in die aftreksel en gooi so 1 – 2 koppies noedels van jou keuse in en kook sag.
Ek gebruik spaghetti. Maak die mengsel dik met ‘n pakkie “chicken a la king” sous wat met melk aangemaak is.
Geur eers na die tyd met sout en peper want die souspoeier kan sout genoeg wees vir julle.
Jy kan natuurlik enige groente van jou keuse ook bysit, maar vir ‘n hoendernoedelsop is dit reg netso.
Resep: Hanlie Grobbelaar