HOEDERPOTPASTEI

2015-04-08-20150408_081223(800x600)testedhoenderpot pastei adam

HOEDERPOTPASTEI
450 g ontbeende hoenderdye
450 g roerbraai hoenderstukkies
250 g blokkies spek
knopie sampioene
uie
sampioensoppoeier (hierdie het ek self bygevoeg, sy het net meel in haar resep gebruik)
½ teelepel tiemie
1 hoender ekstrakblokkie in koppie kookwater opgelos
knoffel
room of melk

Sny hoenderdye in blokkies, braai liggies saam sampioene, spek en uie tot gaar.
Strooi soppoeier oor, roer effens.
Proe en voeg nog geurmiddels by indien verlang (maar nie nodig)
Voeg ekstrak stadig by en bly roer to dit verdik.
Voeg genoeg melk of water by (hang af hoe romerig jy dit wil hê) tot die mengsel lekker souserig is. Moenie te dik wees, want dit word nog dikker as jy dit bak.
Skep in individuele bakkies.
Sit blaardeeg bo-oor wat jy met eier borsel.
Bak op 200°C vir 30 minute.
Foto:  Amanda Struwig en Adam Cloete