HOENDER NOEDELPOT

Hoender Noedelpottested

HOENDER NOEDELPOT
8 stukke hoender
2 groot uie, gekerf
2 pakkies sampioene, gekerf
1/2 pakkie sampioen soppoeier
300 g gekerfde biltong
2 k skulpies noedels
600 ml room
2 t crushed garlic
1 t chillie flakes
1 rooi soet rissie, gekerf
1 brandrissie, gekerf
1 k melk
1 1/2k kaas gerasper
peper na smaak

Braai die hoender en uie in n swartpot met n bietjie olie.
Voeg sampioene , soetrissie by en braai bietjie.
Maak ‘n sous van die room, garlic, melk, en soppoeier, roer ook die brandrissie in die mengsel.
Voeg die sous dan in die pot.
Sodra die pot begin prut voeg dan die noedels by en veminder die hitte drasties.
Kook vir ± ‘n halfuur en voeg die biltong bo oor en geur met peper na smaak. Laat prut ‘n rukkie en voeg kaas bo oor en prut nog ‘n rukkie tot kaas smelt.

Resep en Foto: Gideon Louw