HOE OM SJOKOLADE TE SMELT

sjokolade gesmelt

HOE OM SJOKOLADE TE SMELT
Om sjokolade in mikrogolf te smelt: Sit sjokolade in ‘n mikrogolf bak mikrogolf op 50% krag vir 1 min haal uit en roer. Smelt verder vir 30 sek op ‘n slag totdat die sjokolade byna heeltemal gesmelt is . Dit is gereed wanneer daar nog ‘n paar klonte in is. Dit sal smelt terwyl jy dit roer.

Om sjokolade oor pot kookwater te smelt: Gooi water in ‘n pot , ‘n paar sentimeter diep, en laat prut oor medium hitte. Verstel hitte tot laag. Sit ‘n bak bo-op die pot. Die onderkant moet nie te diep in die pot afsak nie, dit moet nie aan die water raak nie. Sit die sjokolade in die bak. Roer af en toe totdat die sjokolade gesmelt is.
Gepos deur Elize Grobbelaar