HEERLIKE KERRIEBOONTJIES

tested

HEERLIKE KERRIEBOONTJIES
1 kg groenboontjies gekerf
500 g uie gekerf
15 ml kerriepoeier
10 ml borrie
15 ml mielieblom (sit 10 ml ekstra by indien nodig)
375 ml asyn (Ek gebruik 250 ml asyn en 125 ml water)
250 ml suiker ( ek gebruik 3/4 koppie)
10 sout
125 ml rosyne opsioneel
1 teelepel korrel mosterd opsioneel

Kook die boontjies en uie in soutwater en dreineer.
Meng die kerriepoeier, borrie en mielieblom saam en maak dit met bietjie van asyn aan tot n gladde pasta hou dit eenkant.
Roer die res van asyn, suiker, mosterd, rosyne en sout by die boontjies en verhit dit tot kookpunt.
Verlaag die hitte en roer die kerrie mengsel by laat dit nog ‘n paar minute lank prut skep die warm boontjies en sous in warm gesterliseerde flesse en verseël.
Lewer ongeveer 4 bottels.

Bron: Isabella Venter
Foto: Louise Groenewald en Salome Du Toit
Aanpassing in hakkies:  Rina Kleinhans