GROENBONE MET SALMON EN BASIL PESTO

2015-04-01-pestotested
GROENBONE MET SALMON EN BASIL PESTO
Hierdie is regtig ‘n bitter maklike resep en sal enige mens beindruk

Handvol groenbone puntjies af gesny
Twee stukke salmon (dikker palm van jou hand wees +_ 500 gram die dik stukke werk die beste
Salmon moet skoon gemaak wees sonder vel (as verkies) en grate uit gehaal
Kook water
2 Eetlepels Botter
1 Heel suurlemoen
4 eetlepels suurlemoen sap
2 tot 3 eetlepels Basil Pesto ( Pesto Princess of Ina Paarman)
Sout en Peper na Smaak
n Groot stuk Foelie wat jy dubbel kan vou asook die salmon kan toe vou om ‘n
pakkie te maak
Vars gemaakde kapokaartappels (so veel as wat jy verkies)

Sit jou oond op 180 grade
Gooi die boointjies in n pan met kookwater en 2 eetlepels suurlemone sap
en sout. Kook vir 2 tot 3 minute en haal uit en sit eenkant
Maak nou ‘n pakkie met die foelie en sit op n plat bakpannetjie neer.
Pak die boointjies in ‘n ry op die foelie en sit dan jou rou salmon daar bo op.
Vat jou 3 eetlepels Basil Pesto en smeel mildelik bo-op salmon.
Sout en peper na smaak en 2 eetlepels suurlemoensap asook jou oorblywende botter
bo-op
Seel jou foelie pakkie en druk in die oond
Salmon het reggtig nie nodig om baie te bak nie so 15 tot 20 min is regtig genoeg.

Bedien op saam met kapokaartappels, skyfies suurlemoensap en ‘n slaai.
Bron: Lunette Prinsloo