GLUTENVRYE MEEL
MAAK JOU EIE GLUTENVRYE MEEL
Die term “glutenvry” beteken gewoonlik die hoeveelheid gluten in ’n produk is skadeloos eerder as dat dit glad geen gluten bevat nie. In sommige graansoorte soos aartappels, rys en tapioka is die vlak so laag dat dit in ’n glutenvrye dieet gebruik kan word. Ons basiese glutenvrye meel kan as plaasvervanger in enige gebak gebruik word. Vervang net die hoeveelheid gewone meel in die oorspronklike resep met dieselfde hoeveelheid glutenvrye meel. As jy bruismeel wil maak, kan jy 10 ml glutenvrye bakpoeier byvoeg.
Lewer 350 g meel
85 g (125 ml) aartappelstysel
1 ml sout
170 g (240 ml) rysmeel
100 g (250 ml) tapioka-meel
Sif al die bestanddele drie keer saam om dit goed te meng. Bêre in lugdigte houer.
Gluten in gebak
Wanneer gewone koek of broodmeel met water gemeng word, swel die stysel en gluten en die beslag word “dik”. Gebak wat jy met glutenvrye meel maak, is meer loperig as waaraan jy dalk gewoond is. Maar dis reg so
Bron: Marilet Swanepoel
Gepos: Cecilia Gouws
