

GEVULDE PANNEKOEK WIELE
Genoeg pannekoek beslag vir 9 pannekoeke
Vulsel van jou keuse.
Plaas die gaar pannekoeke op ‘n teedoek dat dit oorvleuel en ‘n reghoek vorm. Smeer elkeen met botter en bou dan die vulsel van jou keuse. Ek het dit met maaskaas gesmeer, gaar, goedgedreindeerde spinasie, Fetakaas en gekapte groen olywe oorgestrooi. Rol dit dan met die doek styf op soos ‘n rolkoek. Sny in ringe en plaas in ‘n oondbak. Sprinkel met kaas en bak vir ongeveer 10 minute in die oond tot die kaas gesmelt is. Afhangende van watse vulsel jy gebruik het, kan jy dit bedien met ‘n kaassous of warm tamatiesous. Wat jou keuse ookal is. Heerlik, maklik en iets anders om jou gaste mee te beindruk.
Bron: Adam Cloete
VARIASIE: Ek het hierdie resep se metode gebruik en toe plaas van wiele te sny en met kaas te bak, besluit om dit as ‘n roulade te hou. Dis gevul met gladde maaskaas, tuna en rooi soetrissie mengsel en kaasous.

Gebruik hierdie pannekoek resep
http://www.foodloversrecipes.com/2015/04/sukses-pannekoek-wenner/