GERALDINE SE TUNA KOEKIES


GERALDINE SE TUNA KOEKIES
Ek het nou ‘n tuna koekie resep bietjie aangepas.
2 blikkies tuna afgewater
¼ koppie koekmeel
klein ui baie fyn gerasper
1 eier geklits
½ koppie kapokaartappels
sout en peper
Neem 1 eetlepel instant souse (die 3 cheese een, het al potatobake ook gebruik) voeg dit by die megnsel en roer deur. Plaas die mengsel ongeveer ‘n halfuur in die yskas. Skep lepels vol in warm olie en bak tot albei kante mooi kleur het, pasop vir te warm olie. Dreineer op kombuispapier.
Geniet.
Resep en foto: Geraldine Chantel Combrink