GEKRISTALLISEERDE MAKATAAN STUKKE ( JDP)

GEKRISTALLISEERDE MAKATAAN STUKKE ( JDP)tested
GEKRISTALLISEERDE MAKATAAN STUKKE ( JDP)
Hier is die resep hoe ek die makataan stukke ( Lekergoed ) gemaak het.
Dit is maar my eie resep wat deur ‘n tegniese fout ontstaan het.
1. Sny een groot makataan in skywe van 5 cm en verwyder die GROEN SKIL diep genoeg anders gaan die makataan stukke ʼn harde kors vorm as dit gekook is.Verwyder die binneste sagte gedeelte met die pitte.
2. Prik dan die heel makataankywe met ’n vurk en sny dit daarna in stukke.Maak seker dat dit diep genoeg geprik word.
3. Plaas in ’n kalkoplossing (25 ml gebluste kalk per 5 liter water) en week vir twee dae. Roer gereeld terwyl die stukke daarin week.
4. Spoel ná twee dae die stukke deeglik af en week vir 2 uur in skoon water voordat jy dit begin kook.
5. Verhit water in ’n groot kastrol tot by kookpunt en gooi ’n bietjie sout by.
6. Plaas die stukke een vir een in die kokende water en maak seker dat die water nie ophou kook nie, anders word die stukke pap. Kook vir so 20 tot 40 minuute ( Afhangend hoe hard die tipe makataan is wat jy gebruik ) tot die stukke helder en nog verm wees. Toets deur ʼn tandestokkie in hulle kan steek.
Stroop vir gekristalliseerde Stukke
1. Weeg die vrugte en vir elke 1 kg makataanstukke gebruik jy 2,5 liter water en 1,5 kg suiker wat daarin opgelos is.
2. Verhit die water en gooi die suiker stadig by terwyl jy aanhoudend roer totdat al die suiker opgelos is. Dit is belangrik dat die water nie moet kook voordat al die suiker opgelos is nie.
3. Gooi 25 ml suurlemoensap en 4 stukke gedroogde gemmer by die stroop en kook 10 minute lank
4. Plaas die makataanstukke geleidelik daarin en kook totdat die stroop begin kristalle vorm teen die wand van die pot Moet nie die kristalle afvee nie. Kook todat en die stroop baie dik is.Haal van stoof af en kyk of die stroop sandsuiker word. Indien nie kook nog.
5. Haal dan die stukke uit en doop in kookwater om van die meeste suiker kristalle ontslae te raak.Plaas dit op waspapier om koud te word
6. Die makataan stukke kan ook in klapper gerol word

Resep en Foto: Johan Du Preez Snr