GEBOTTELDE PEPPADEWS ( bishops crowns)
GEBOTTELDE PEPPADEWS ( bishops crowns)
Asynmengsel vir rissies:
3/4 koppie water
1 en half koppies suiker
2 en half koppies witasyn
3 ml sout
Halveer rissies en haal pitte uit, plaas 1 minuut in kookwater, pak styf in warm gestereliseerde bottels. Kook asyn mengsel en giet oor rissies. Seel warm.
Nota: Maak seker jy dra handskoene om met die rissies te werk
Foto en resep: Lina Victor

