FRANSE ROOSTERBROOD DOPPIE ONTBYT


FRANSE ROOSTERBROOD DOPPIE ONTBYT
Ek het 6 snye brood geneem korsies afgesny en die hoekies rondgemaak.
Toe 6 eiers geklits met bietjie melk, sout en peper.
Brood daarin gedoop soos vir Franse roosterbrood.
Pannetjie gespuit en dit daarin gesit.
Daarna het ek spek en uie gebraai en in die broodnessie gepak.
2 gekookte eiers gerasper, (hierdie is opsioneel, ek het toevallig gekookte eiers in die yskas gehad) en bo-oor die spek gestrooi. Groen soetrissie fyngekap en ook oorgestrooi. Toe die res van die geklitste eier versigtig op elke broodjie gegiet. Kersietamaties in repies gesny en rangskik bo-op en lekker groot skyf kaas bo-op.
Dit het net nodig gehad om so 12 minute te bak, toe is die eier gestol en die roosterbrood gaar en lekker bros onder.
Foto en Resep: Amanda Struwig