FLIPPEN LEKKER HOENDER
10 hoenderporsies
1 koppie blatjang
1 koppie tamatiesous
1 pakkie groente soppoeier
2 eetlepels olie
½ teelepel knoffel
1 blikkie Coke
2 uie in dun ringe gesny
4 wortels in halwe ringe gesny
1 pakkie sampioene in helfte gesny
4 medium aartappels in skywe gesny
Voorverhit die oond tot 180°C.
Pak aartappel skywe in ‘n laag in gesmeerde oondpan.
Pak die wortel ringe bo-op. Sprei die sampioene oor, dan die uie ringe.
Pak hoenderstukke bo-op en strooi die soppoeier oor.
Meng al die ander bestanddele en Coke saam en gooi eweredig oor alles.
Maak toe met foelie. Bak 40 min, haal foelie af en laat stadig verder bak by 160°C vir verdere 1 ½ ure.
Bedruip hoender gereeld met pansouse. Bak tot gaar en goud bruin.
Foto en resep : Hanlie Schneigansz

