MICKAYLA SE BROODSLAAI

tested

MICKAYLA SE BROODSLAAI

1 wit brood (ongesny)
300 g cheddar kaas (klein blokkies gesny)
1 medium ui (fyn gekap)
300 g gemengde groente ( geblik of gevriesde groente. -klaar gekook)
500 g weense worsies (viennas in dun wiele gesny)
1 medium green peper ( in klein blokkies gesny)
500 ml mayonaise
3 eiers ( gekook)
3 eetlepels tamatie sous
Sout en peper na smaak

Voorverhit oond 180°C.
Sny brood in vingerdikte blokkies ± 1.5cm dik, pak op bakplaat uit en sit in oond. Rooster tot goudbruin aan alle kante. Indien klaar haal uit en laat afkoel. Terwyl brood rooster kan groente gekook word indien dit nie geblik is nie ( ek kook myne so 5min en dreineer dit dan in n vergietes en koel dit vinnig af met yswater.
Sny ui, greenpeper, kaas, worsies en eier in blokkies en plaas in groot bak saam met gemengde groente, sodra brood heeltemal afgekoel is kan die geroosterde brood blokkies bygevoeg word net voor opdiening.
Sous
Meng mayonaise en tamatiesous gooi sout en peper na smaak.

Mickayla Swart Tip:
Brood blokkies kan ook in diep olie gebraai word
Meng eers die roosterbrood by sodra dit opgedien word anders word die brood pap, meng sous en gooi ook oor net voor dit bedien word.

Bron: Mickayla Swart