BORSSTUK IN PRUIMEDANTESOUS


BORSSTUK IN PRUIMEDANTESOUS
Vleis:
2-3kg heel beesborstuk
1 groot ui
2 heel geelwortels, geskil
3 knoffelhuisies
3 lourierblare
8 swartpeperkorrels
20 ml sout
1 groot tamatie in kwarte gesny
1 liter vleisaftreksel
Pruimedantesous:
1 bees vleisaftrekselblokkie
200 ml tamatiepuree
500 g pruimedante
5 ml sout
60 ml suurlemoensap
125 ml gouestroop of heuning
1 liter van die vleisaftrekselsous waarin die borstuk geprut het.
Plaas die eerste groep bestanddele in prutpot met borstuk bo die tamaties, wortels en uie.
Lae hitte vir 9 ure.
Die vleis kan ook oornag by 100 ºC in oondbak in n’ oond gebak word.
Sny vleis in dun skywe en pak in oondpan.
Voorverhit die oond tot 180 ºC.
Kook al die sousbestanddele 10 min lank saam en giet oor die vleis. Bak ongeveer 20 – 25 min saam tot deurwarm. As die sous te dun is, kan dit met bietjie mielieblom verdik word.
Sit voor met rys, groente en groenslaai.
Foto: Christina En LP Louw