ALTA SE MIELIETERT

2015-11-06-lekkerstemielietertmetbacontested

ALTA SE MIELIETERT
1 blik suikermielies
1 blik pitmielies
1 koppie mieliemeel
1 koppie koekmeel
2 teelepels bakpoeier
100 ml suiker
knippie sout
3 eiers
2 eetlepels olie
125 ml melk
125 ml room
Meng alles saam. Skep in voorbereide  glasbak. Mikrogolf op hoog vir 15 – 18 min.
Dit was absoluut heerlik!!!!

Resep deur Alta Lubbe
Foto:  Janka Nagel – spek bygesit
Ek deel die lekkerste Mielietert resep wat ek op fb gesien en gemaak het!
Mielietert met spek:
2 blikkies Creamy Sweetcorn
60 ml suiker
60 ml gesmelte botter
4 eiers
15 ml bakpoeier
1 pakkie spek gesnipper
60 ml koekmeel
Meng alles saam en bak vir 40 min teen 180 ºC en geniet!