WENKE VIR GEROESTE PANNE EN POTTE

WENKE VIR GEROESTE PANNE EN POTTE
Retha Ingel Marais – spuit jou pan met Zeb vir koue oonde, plaas die panne in ‘n plastieksak oornag en was dit goed af die volgende dag. Plaas die panne in die oond om goed droog te word. Sal van die roes en ou vuilgoed ontslae raak. As jy bang is vir die yster,voer die pan met bakpappier (amper soos waspapier maar sonder die was).
Lynette Jonck Ellis – Jy kan gerus asyn en koeksoda ook probeer. Dit help om roes te verwyder.
Marietjie van der Merwe – ek het net sulke ou panne en ek skuur hulle maar met asyn en koeksoda. Hul werk nog heeltemal goed vir my. Jy kan ook waspapier insit, spuit die pan en sit dan die waspapier in. Ek ondervind geen probleme daarmee.
Nelia Coetzee – Skuur met “Handy Andy” en voer die panne met papier, and you are ready to go!
Lionette Steyn – Giet Coke in die geroeste pan, dit sal help vir die roes. Gebruik dan waspapier of bakpapier binne in.
Susan Sussiena Wagenaar Mitchell – Wassoda sal geroeste panne mooi skoonmaak. Skuur die panne elke keer na jy dit gebruik het met staalwol en “sunlight” seep (die groen koekie seep) en maak dit goed droog.
Linette Naude van Taak – As jy dit klaar gebruik en gewas het, sit die papiersakke wat suiker in verpak word, binne in die pan, dit verhoed roes. Die platpot staan al meer as ‘n jaar so, geen roes.
Bron: Idees tydskrif – Besprinkel die roeskolle in bakpanne met skottelgoedwasser- of klerewaspoeier. Sny ’n rou aartappel middeldeur en skuur die kolle met die gesnyde kant. Spoel dit met koue water af en droog af. So nie kan jy kola-koeldrank op die roes gooi en dit oornag so laat staan.
Marilize Hauptfleisch Fourie – Om panne skoon te kry met gleuwe. Neem ‘n ¼ glas koeksoda en voeg genoeg peroksied by om ‘n pasta te vorm. Smeer die pasta met jou vinger of ‘n borseltjie aan die panne.
Jeanette Gouws – Wanneer die pot skoon is, smeer die pot met ‘n nat teesakkie. Dit werk soos ‘n bom.