VIS LASAGNE

vis lasagne elsabetested

VIS LASAGNE
Genoeg vir 6-8 porsies
Baktyd: 45 min
16 velle lasagne pastavelle
Maak sous:
1 ui fyngekap
50 ml botter
100 ml koekmeel
250 ml hoenderaftreksel
500 ml melk
Sout en varsgemaalde swartpeper
Berei jou vis voor:
500 g stokvisfillette, vel verwyder
Sap van ‘n halwe suurlemoen
400 g broccoli blommetjies, geblanseer
125 ml parmesaan, gerasper
30 ml botter

Voorverhit die oond 200 grade C.
Berei sous voor.
Braai ui in botter tot sag. Voeg die koekmeel by. Voeg hoenderaftreksel en melk by en roer met draadklitser tot sous verdik en begin kook. Geur met sout en peper.

Porseer die vis in ‘n bietjie vloeistof tot gaar. Laat afkoel. Vlok vis en geur met suurlemoensap. Sny broccoli blommetjies in skyfies.
Smeer ‘n dun lagie sous onder in lasagne bak en bedek met lasagne velle. Skep nou derde van die sous bo-op. Rangskik die helfte van vis en broccoli bo-op en bedek met lasagne velle. Herhaal die lae.
Smeer laaste sous oor velle en sprinkel parmesaan kaas oor. Stip met botter en bak tot goudbruin en gaar. Sit voor met franse brood en vars slaai.
Foto en resep:  Elsabé Mulder Barnard