VINNIGE YSKASTERT
1×80 g-Suurlemoen Jelly
250ml Kook water
1 Blikkie Ideal Melk
125 ml Suiker
1 Blikkie Granadilla moes
2 Pakkies Tennis Beskuitjies.
Los Jelly in kook water op. Laat afkoel.
Klits Ideal Melk en suiker saam tot styf.
Voeg Granadillamoes en jellie by,
Pak laag beskuitjies in vierkantige glas bak.
Skep bietjie vulsel bo-op, herhaal lae en eindig met Vulsel,
Rasper van Beskuitjies bo – oor.
Plaas in yskas om te stol.
RESEP EN FOTO: Joey Esterhuizen

