TUISGEMAAKTE HANDEROOM
Baie goed vir grootmense en kinders (en die sjampoe maak dit glad nie taai nie)
500g Pink Speensalf
100ml Gliserien
50g Vaseline Camher
100ml Olyfolie
375ml Elizabeth Annes Shampoo
Roos (rose water) ‘n klein bietjie net vir reuk
Ek het die vaseline camher en die olyfolie by die apteek gekoop. Dit is maar net die gewone olyfolie wat jy by die apteek koop.
Meng alles saam en gebruik as handeroom baie goed vir skurwe vel
Jy kry regtig baie uit so ‘n mengsel goedkoper as handeroom
BRON: Joey Badenhorst Lotter

