STEPHNIE SE SJOKOLADEKOEK

Sjokoladekoektested
STEPHNIE SE SJOKOLADE KOEK
2½ koppies koekmeel
2 teelepels bakpoeier as jy gewone koekmeel gebruik. of (bruis meel )
4 eiers
5 ml sout
½ koppies suiker
½ koppie kookolie
½ koppie kookwater
4 groot lepels kakaoMeng alles saam en meng goed.
Skep in ‘n mikrogolf bestande bak of pan OF gewone koekpan wat voorberei is.
Bak in mikrogolfoond vir agt min op hoog.
of
Bak in oond vir 35 min.
Toets of gaar met mes of toetspen – as mes skoon uit kom is hy gaar
Versiersel:
2 koppies versiersuiker
3 eetlepels botter (margarien)
4 groot lepels kakoa
6 groot lepel gerasperde kook-sjokolade
1 groot lepel water
Meng bogenoemde goed.
Kan ook van die gerasperde sjokolade oor die versierde koek strooi, of enige versiersel van jou keuse
Resep en foto: Stephnie Du Plooy