ROU KERRIE-UIE

kerrie uie hannetjietested
ROU KERRIE-UIE
2 kg uie, in ringe gesny
400 ml fyn appelkooskonfyt
400 ml druiwe asyn
125 ml suiker
7 ml kerriepoeier
7 ml borrie
5 ml sout
Plaas die uie in ‘n groot mengbak, moenie afwas nie. Meng die appelkooskonfyt, asyn, suiker, kerrie, borrie en sout. Voeg by die uie en meng goed. Bedek en laat oornag staan. Roer weer goed en skep dan in skoon gesteriliseerde flesse.
Bere in yskas.
Lewer ongeveer 2,5-3lt. (Hoe langer dit staan, hoe lekkerder raak dit)
Resep geplaas deur Hannetjie Snyman