POTBIERBROOD

potbierbrood 2tested
POTBIERBROOD
500 g bruismeel
1 eier
½ teelepel sout
2 eetlepels suiker
½ blik heelpit mielies
340ml bier ( verkieslik black label dit proe die lekkerste)
100 ml water
250 g streaky bacon
2 koppies gerasperde chedder kaas
Pietersielie en spices van jou keuse.

Voorverhit oond op 150°C,
Smeer ‘n “cast iron pot met deksel” net die pot se bodem met botter of spray and cook.
Voer die boden uit met streaky bacon. Meng meel, suiker en sout in ‘n bak. Klits die eier en bier saam, voeg by meelmengsel asook die water en heelpit mielies.
Voeg een koppie kaas en pietersielie by mengsel as dit nog te styf is voeg nog biedjie water by die beslag en meng, moet redelik slap wees.
Skep die beslag in die cast iron pot, strooi res van die kaas oor die beslag, sit die deksel op die pot. Bak +- 60 tot 70min en die laaste 10 min of so kan jy deksel afhaal laat hy lekker bruin word.  As hy gaar is dop hom uit sodat hy kan afkoel en sny hom op en bedien hom saam braaivleisie en smeer hom botter.

Foto en resep:  Deidre Kleynhans