10 koppies koekmeel
50 ml fyn gemmer
25 ml koeksoda
2 ml sout
25 ml kremetart
4 ½ koppies wit suiker
225 g stork bake margarien
225 g varkvet
250 ml stroop
6 groot eiers
Sif droë bestanddele saam. Meng suiker by, frummel margarien en varkvet by, dan die stroop. Klits die eiers goed en maak deeg aan met eiers. Rol deeg in bolletjies so groot so ‘n R5 munt stuk. Plaas effens uit mekaar op bak plaat. MOET NIE PLAT DRUK NIE. As deeg reg is, behoort koekkies self plat te word in oond as dit bak. Bak 6 – 7 min. Voor verhit oond op 220°C. Bak tot ligbruin. Resep van my Moeder wat sy altyd gebak het.
Resep en foto: Poppie Naude