PERSKE PICCALILLI-SLAAI

perske piccalilli slaai met piesangtested
PERSKE PICCALILLI-SLAAI
1 x 820 blik perskeskywe, dreineer die sous af
1 bottel piccalilli (380 g)
250 ml kondensmelk
1 ml mosterdpoeier
2 piesangs, in ringetjies gesny

Meng net alles saam. Die slaai kan sonder die piesangs 2 dae voor die tyd gemaak word sodat die smake met mekaar trou. Voordat jy bedien, voeg piesang by en sit op slaaiblare. Ek gaan dit bedien saam met braaivleis.
Ek sal ‘n ½ teelepel ligte kerrie bysit volgende keer.
Resep geplaas deur Magde Van der Kolff
Foto: Magde Van der Kolff