NADIA SE QUEEN CAKES
NADIA SE QUEEN CAKES
Room saam:
250 g botter
1 koppie suiker
Sif saam:
3 koppies koekmeel
4 teelepels bakpoeier
1 teelepel sout
Meng saam:
1 koppie melk
1 teelepel vanilla
3 groot eiers
Voorverhit die oond 180°C – 200°C en spuit 2 muffinpanne met kleefwerende kossproei.
Roer die droë bestanddele om die beurt met die melkmengsel by die bottermengsel en roer tot gemeng.
Skep die beslag in die muffinholtes en bak in die voorverhitte oond vir 20 – 30 min.
Resep: Nadia van Zyl
Foto: Chantel Taljaard

